Kleurskets gesig Christo Jordaan

Ek's Christo Jordaan. Strek bene in my solderkamer van stories en gedagtes.

Wonder jy soms omtrent jou bestaan op hierdie ronde klip wat ons aarde noem?

Of jou lewe groter sin het as om bloot met elke asemteug die heelal se suurstofvlakke te verminder? Dan is jy nes ek … ‘n soeker wat ywerig poog om lyne tussen stippels te trek.

En dalk is jy (soos ek) ook sonder ‘n graad in filosofie of ‘n guru wat met ‘n koffer vol wysheid in ‘n wiegstoel op jou voorstoep sit.

Uiteindelik het ons as gewone mense net ons eie harte, mekaar se lewens en ‘n geestelike hunkering om ons na insigte te lei. Soos ons na onsself, ‘n Hoër Hand en mekaar draai, word die stories en gedagtes in hierdie webjoernaal gebore.

Soms sal ons diep kwessies bedink, maar meestal lag ek graag vir my koddige self én dalk so ‘n bietjie vir jou ook (as ek mag).

Blaai gerus na:

Ontvang nuutste plasings

Welcome Back!

Teken aan in jou rekening hieronder

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Add New Playlist