Privaatbeleid vir vuursout.co.za
Bestudeer die inhoud van die privaatbeleid deeglik.
Die privaatbeleid (“die beleid”) verwys na vuursout.co.za of Vuursout die webjoernaal, hierna “die blog” genoem.
Aanlynbesoekers van die blog word “die lesers” genoem.
Ter inligting
Beskerming van lesers se privaatheid en persoonlike inligting dra wesenlike belang. Die blog sal dus alle redelike stappe in terme van die beleid neem om verskafte inligting te beveilig.
Die beleid mag van tyd tot tyd aangepas word soos uitbreiding van die blog dit vereis of ooreenkomstig relevante wetgewing.
Die beleid vorm deel van die bepalings en voorwaardes van die blog.
Bronne van lesers se inligting:
Die blog verkry lesers se inligting op die volgende wyses:
Wanneer lesers deur die blog blaai.
Wanneer lesers Vuursout per e-pos kontak.
Enige plek op die blog waar lesers se inligting aangevra en verskaf word.
Wanneer lesers kommentaar lewer of aan gesprekvoering deelneem.
Persoonlike inligting:
Persoonlike inligting verwys na alle inligting van lesers as ’n identifiseerbare persoon, welke insluit lesers se naam, adres, e-posadres, telefoonnommer en identiteitsnommer.
Neem kennis dat persoonlike inligting wat lesers sigbaar op ’n openbaar toeganklike deel van die blog soos ‘n gespreksgroep of by kommentaar plaas op die leser se eie risiko geskied.
Lesers word daarom in eie belang sterk afgeraai om sensitiewe persoonlike inligting op ‘n openbare deel van die blog te plaas.
In besonder word lesers afgeraai om inligting te verskaf rakende eie of ‘n derde persoon se geestes- of mediese toestand, misdaadgeskiedenis, betrokkenheid by hofprosesse, werk, seksuele aktiwiteite of voorkeure, radikale godsdienstige oortuigings, opmerkings van aanstootlike aard, politieke menings, ras of etniese oorsprong en alle inligting wat misbruik en tot nadeel van derdes kan strek.
Toestemming:
Let daarop dat lesers toegang tot bykans alle dele van die blog kan verkry sonder om persoonlike inligting te verskaf.
Deur die blog te besoek verleen lesers toestemming dat inligting versamel word oor hoe hulle die blog gebruik welke aangewend word ten einde inhoud/diens te verbeter en te bepaal of lesers die gebruiksvoorwaardes nakom.
Persoonlike inligting sal net in ooreenstemming met die privaatbeleid gestoor en gebruik word. Verskaffing dui op tegelyk op toestemming.
Aanwending van persoonlike inligting:
Lesers se persoonlike inligting sal nie sonder toestemming gedeel of versprei word nie.
Lesers se inligting sal nie aan ʼn derde party verkoop of andersins bekend gemaak word nie, behalwe insoverre hieronder aangedui.
Met die gebruik van die blog of intekening op inhoud/dienste, verleen lesers toestemming om in die volgende gevalle persoonlike inligting aan derdes bekend te maak:
vir wetstoepassing en of regsproses;
om bedrog, misbruik, wangebruik, of ongemagtigde gebruik van die blog te voorkom;
om die regte van lesers en publiek te beskerm;
derdeparty-ondernemings aangestel om tegniese aspekte van die blog te bestuur en wat onvermydelik toegang tot persoonlike inligting van lesers vir doeleindes daarvan sal verkry.
Lesers se inligting mag aangewend word om die blogervaring meer genotvol te maak; lesers in die toekoms gladweg te help aanteken en die gebruik van die blog te vergemaklik; om lesers se navrae te beantwoord en steun te verleen; en om gepaste of meer geskikte inhoud vir die blog te bepaal.
Geïntegreerde nie-persoonlike en groepsinligting, sonder identifikasie van die individu, mag vir sakedoeleindes met derdepartye soos adverteerders op die blog of sakevennote gedeel word, Lesers vrywaar die blog vir enige aanspreeklik rakende die praktyke van sodanige derdepartye.
Gebruik van jou persoonlike inligting:
Die blog mag lesers se persoonlike data gebruik om uitvoering aan transaksies/ooreenkomste te gee wat met lesers aangegaan is, asook om fakture en relevante materiaal te verskaf.
Lesers sal inligting, spesiale aanbiedinge en kennisgewings op die volgende wyse ontvang: per e-pos, SMS, nuusbriewe of per telefoon.
Beskerming van Inligting:
Lesers se persoonlike inligting sal beskerm word deur die gepaste fisieke, elektroniese en bestuursprosedures te volg wat nodig is om die verskafte persoonlike inligting te bewaar. Vir sekerheid mag die blog soms vir bewys van identiteit vra indien ‘n leser aanspraak op persoonlike inligting van hulleself maak.
Koekies:
’n Koekie (“cookie” in Engels) is ’n stuk inligting wat deur die rekenaarbediener gestoor word wanneer lesers die blog aanlyn besoek.
Die koekie word deur lesers se webblaaier op hulle rekenaar se hardeskyf gestoor. Wanneer lesers dan weer die blog besoek, herken die blog se rekenaarbediener die koekie en verleen dit inligting oor lesers se laaste besoek.
Meeste blaaiers aanvaar koekies outomaties, maar ’n ligte verstelling op lesers se blaaier kan outomatiese aanvaarding stop.
Die moontlikheid bestaan egter dat sou lesers verkies om nie koekies te aanvaar nie, nie alles op die blog aanlyn bereikbaar sal wees nie.
Databasis van inligting:
Die blog stoor ʼn databasis aanlyn by ʼn derde party met ʼn wagwoord vir sekuriteitsdoeleindes.
Hierdie databasis sal jou naam, van, e-posadres en telefoonnommer bevat asook enige ander inligting wat lesers aan ons voorsien.
Die blog verkoop onder geen omstandighede data aan derde partye nie.
IP-adresse:
Lesers se IP-adres is die unieke nommer wat jou toestel gebruik wanneer lesers aanlyn gaan om die internet te besoek.
Wanneer lesers die blog besoek, stoor die stelsel aantekeninge omtrent die leser se IP-adres, blaaie gekyk en watter blaaier gebruik is om die bladsye te besigtig.
Hierdie inligting word slegs vir statistiese en persoonlike doeleindes gebruik om te bepaal watter dele van die blog meer belangstelling ontvang asook die hoeveelheid besoekers.
Skakels en Hiperskakels:
Die blog bevat skakels en/of hiperskakels na ander webtuistes waarmee lesers die blog na hierdie adresse kan verlaat.
Lesers moet begryp dat die blog nie verantwoordelik gehou kan word vir die privaatbeleid en/of praktyke van derdeparty-webtuistes en hoe daardie derdeparty-webtuistes hulle koekies gebruik en persoonlike inligting van lesers aanwend nie.
Beëindig kommunikasie:
Indien ’n leser alle kommunikasie vanaf die blog wil staak of persoonlike inligting wil verwyder, stuur ‘n epos na vuursout@gmail.co.za.
.