Die wêreld is ons WATERBAK. Onder elke dag se gebeure lê kosbare skatte versluier.
Soms ontdek ons, ondanks die doek oor ons bestaan, ‘n ander werklikheid. Dan wil ons baldadig vlerke klap sodat louterwater oral spat.
Miskien het jy juis vandag lafenis in jou woestyn nodig. Baljaar gerus saam.
Sout bewaar en geur vars met smaak. Soos ons ‘n ander lewe in Christus proe, word die SOUTBAK die brood wat ons honger stil.
Lees en luister saam na geestelike boodskappe van verkwikking.
In die VUURBAK stoei ons met geykte gedagtes en idees.
Soms is dit nodig om vars die woorde van die Skrif te bedink. Om ons bril van kultuur, godsdienstigheid en verstokte aannames af te haal.
En toe te laat dat Waarheid ons oë verlig.
© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees
© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees