Ek is ‘n versamelaar van gedagtes oor die skryfproses. Meer spesifiek die populêre roman.
Hierdie webjoernaal bevat uitsluitlik gedagtes van oorsese skrywers en is spesifiek geen stof van Afrikaanse skrywers ingesluit nie om te vermy dat onbedoeld op tone getrap word. So is dit na my wete die eerste keer dat ‘n brokkelblad met verwysing na oorsese modelle in Afrikaans geskep is.
As versamelaar van skryf-idees lê my beskeie bydrae daarin dat ek oorsese skrywers se dinkwerk uit vele bronne sinvol vervleg het en hulle waar moontlik krediet daarvoor probeer gee.
Die kursus neem die leser vanaf ‘n blote idee vir ‘n boek tot ‘n volledig gestruktureerde manuskrip.
In hoeveel laaie lê verstofde manuskripte wat nie die groot uitgewerhuise se valbyl oorleef het of jy dalk nie die moed gehad het om te publiseer nie?
E-boekpublikasies het die skrywerslandskap ingrypend in die afgelope dekade verander. Met min onkoste kan jy nou ‘n wye leserspubliek bereik.
Ek hoor graag jou storie indien jy die sprong na ‘n e-boek gewaag het en plaas ‘n skakel na jou hande-arbeid op my webjoernaal.
© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees
© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees