Vuursout
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Vuursout
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Vuursout
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Tuis Saamgesels

In nagedagtenis van die skryfster, Marie Reyneke

SAAMGESELS

deur Christo Jordaan
19 Mei 2024

Marie Reyneke het op 4 Maart 2024 haar aardse bestaan gegroet. Maar haar menswees leef voort in die spore wat sy in my en vele ander se lewens getrap het.

Soms ontvang ons sleutels op ons reis waarmee nuwe wêrelde op kritieke oomblikke oopgesluit word. Marie se pad het myne gekruis op ‘n tydstip toe ek agter geslote deure vasgekeer was. Sy het dit self nie op daardie stadium besef nie, maar sy was bestem om my engel van lig te wees.

Middeljare krisis

Dis eintlik ‘n lang storie wat ek kort sal vertel. In my vroeë veertigs betrap ek myself met ‘n onvergenoegde hart. Dis daardie onbeskryfbare ding wat middeljarige mans maklik in ‘n krisis kan dompel.

Myne het soos ‘n gebrek aan vervulling gevoel. Jy ervaar iets in jou moet deurbreek, maar jy weet nie wat nie.

Dis asof jy vir groter betekenis in ‘n vae misdoek staar.

Om dinge te vererger, land die wete saam met reuse skuldgevoelens. Jy het dan sovéél om oor dankbaar te wees: ‘n gelukkige huwelik, pragtige kinders, ‘n standvastige beroep en op die koop toe ‘n vergete sportloopbaan wat van nêrens af weer ontplof het.

Hoe durf jy na méér hunker? Die worstelstryd in die stilte van jou gedagtes knaag totdat jy in frustrasie hardop skreeu sonder dat enige klanke op jou lippe vorm.

Verlore skat

Op ‘n dag lees ek The Alchemist van Paula Coehlo op ‘n vriend se boekrak. Ek weet meteens dat dit waarna ek soek eens op ’n tyd reeds myne was. Ek delf diep.

My oudste herinneringe sedert babadoekdae word gefynkam.

Onder stoflae ontdek ek weer die kiekies van vreugde en ure wat verby geglip het wanneer ek op skool met kreatiewe skryfwerk besig was. Iewers in die grootmenswêreld het hierdie gawe tussen onsigbare krake spoorloos verdwyn.

Dié insig ontketen ‘n vlam van verwagting in my borskas. Wanneer my gesin vermoed dat ek in my solderkamer met alledaagse dingetjies besig is, skryf ek skelm. Probeer altans, sal nader aan die waarheid wees.

Ek kom gou agter dat ‘n leeftyd in my beroep my geslyp het om op ‘n spesifieke manier te dink en te skryf. Koud en klinies.

Horribale dikkedensie

Dis asof ek van vooraf moet leer fietsry. Dit neem my weke neem om net ‘n bladsy te skryf wat enigsins na fiksie lyk. Op skool was die proses sonder sweetkolle. Nie meer nie. Ek oorweeg om die foltering te staak, want die uitdaging is net te groot.

Êrens roep ‘n stemmetjie pleitend dat ek die nektar van my lewe sal verloën.

Ek byt vas en daag nag vir nag by my lessenaar op wanneer die res van my gesin slaap. Twee jaar lank. Ek wens ek kon dit as ‘n Rocky Balboa verhaal beskryf met ‘n wonderbaarlike oorwinning in my gevegskryt. Dit was my ongelukkig nie beskore nie.

Om dit blatant anglisisties uit die jong volksmond te stel:

Ek het steeds katastrofaal gesuig.

Dit het ook nie juis gehelp dat ek nie ‘n enkele siel geken het wat fiksie skryf nie en verkies het om my binnekamer marteling eerder as ‘n persoonlike kwessie te hanteer nie.

Uitkoms wink

Te midde van hierdie gespartel van epidermiese proporsies. gebeur ‘n paar dinge toevallig wat my ‘n weg na vryheid sou baan. ‘n Groot skrywerskongres vind in ons streek plaas waarvan ek niks wis nie.

Weens ‘n misverstand beland ek per abuis tussen die organiseerders van hierdie kongres terwyl hulle ‘n vergadering daaroor hou. Hulle dog ek is ‘n skrywer wat ‘n referaat by hulle kongres moet lewer en wil weet waar hulle my sessie kan inpas.

Tussen skakerings van ligpienk tot bloedrooi deur verduidelik ek skaam wat my ware situasie is.

Hulle gis dat hulle nog nooit voorheen ‘n voornemende skrywer so rou eerlik oor sy jammerlike gesukkel hoor praat het nie en reken dat veles by my sal aanklank vind. Daar en dan word ek vir ‘n tydgleuf tydens die kongres geboek.

Ek sluk my trots en vermaak die gehoor twee weke later met my grenslose onvermoëns. Na die praatjie ontmoet ek vir die eerste keer in my lewe ‘n werklike fiksieskrywer, Marie Reyneke. Sy beïndruk my dadelik as ‘n warm, innemende vrou met ‘n hart van goud.

Marie trek my summier in haar wêreld in, stel my aan ander skrywers voor en bou aan my skrywersvaardighede deur my na skryfgroepe te nooi. Gou word sy ‘n vriendin waarvoor ek die hoogste agting sou koester. My skryfwerk groei uiteindelik eksplosief na jare van rondplas in dreinwater omdat Marie haar oor my ontferm.

Verlange

En nou rus sy in die hiernamaals en ek mis haar stem en borrelende lag.

Tydens haar begrafnis het die verlies van haar vol lewe my onkant gevang. So asof ‘n uitveër oorywerig op haar lewensblaadjie tekere gegaan het. Dit mag gebeur nie, het ek gedink en in my argiewe vir my laaste onderhoud op video met haar gegrawe.

Marie, indien jy dalk kan saamkyk. Hieronder is ‘n uittreksel van daardie dag toe ons so lekker in die George biblioteek gelag en gesels het.

 

 

 

Ontvang nuutste plasings

Etikette: peinssaamgesels
DeelTweetPin
Vorige Artikel

Leef nou reeds ewig

Volgende Artikel

Skryf 1 – Inleiding

Volgende Artikel

Skryf 1 - Inleiding

Lang rye van mense

Charlie Weir se onverwagse besoek

Vuursout

© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees

Inligting

  • Omtrent Myself
  • Voorwaardes
  • Privaatbeleid
  • Kontak

Sosiale Media

Welcome Back!

Teken aan in jou rekening hieronder

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Teken aan

Add New Playlist

Geen Resultaat
Sien alle resultate
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak

© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees