Vuursout
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Vuursout
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Vuursout
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Tuis Skryftegnieke

Skryf 1 – Inleiding

SKRYFTEGNIEKE

deur Christo Jordaan
19 Mei 2024

Ek is Christo Jordaan, en nes jy ‘n amateur-skrywer wat dit geniet om kortverhale te skryf en my hand al aan ‘n manuskrip vir ‘n roman geslaan het.

Voorbarig wil ek verklaar dat ek jou uitdagings as ‘n amateur-skrywer intiem verstaan, want ek het jare lank self oor die klipperige paadjie gekruip.

Teen winter en ontnugtering

In my vroeë veertigs gryp die skryfgogga my nadat dit op skool ‘n passie was. In die spookasem van my nuwe visie word ek die volgende Wilbur Smith. Die suiker-ekstase duur nie lank nie. Ek kom gou agter dat die skryfproses vrekken moeilik is.

My gebrekkige skryfvaardighede gaap soos ‘n gulsige Grand Canyon wat my met een hap wil insluk.

Die probleem se wortels lê diep. My beroep het my oor dekades geleer om op ‘n sekere manier te dink en te skryf. Noord- en Suidpool moet mekaar ontmoet en ‘n selfopgelegte marteling lê voor wat vir maande en jare sou voortduur.

In daardie tyd lees ek ‘n suksesvolle skrywer verklaar dat dit aansienlik beter gaan sodra jy die eerste honderdduisend woorde neergepen het. Ek spartel om slegs ‘n duisend sinvolle woorde op papier vas te lê en beskou sy mededeling allermins as bemoedigend.

Vasbyt soos ‘n bulterriër

Waarom sou jy jouself as aspirant-skrywer gesel tot die bloed loop? Drawwers en avonturiers sal verstaan. Jy raak verslaaf aan daardie ding wat elke dag binne jouself gebeur. En wanneer dit nie gebeur nie, raak jy geïrriteerd en onbeskof met jou familie

In retrospek wens ek tog dat sekere skryfwenke gouer my paadjie gekruis het. Frustrasie lei tot moedeloosheid en ‘n situasie waar jou selfvertroue verdwyn.

Om kreatief te skryf móét jy glo dat jy inhoud skep wat iemand sal wil lees.

Reddende slimfoon

Deesdae hoef niemand meer, danksy hedendaagse tegnologie, in onkunde soos ekself destyds rond te ploeter nie. Dit maak nie saak of jy in ‘n sinkhuisie in Koekenaap woon met die biblioteek wat slegs elke derde week op ‘n Dinsdag oopmaak nie. Met ‘n selfoon in die hand is die ganse wêreld en sy opgegaarde inligting net die druk van ‘n knoppie ver.

Die wonder daarvan het ek met Covid ontdek toe ons noodgedwonge vir ‘n lang ruk ballinge in ons eie huise was. So opper ‘n skryfvriend die gedagte dat ons groepie amateur-skrywers die eensaamheid moet verbreek deur die internet te gebruik om met mekaar oor die vaardighede van skryfwerk te gesels.

Wil jy eerder na die video van die praatjie kyk?

Broodkrummels

Omdat ek op daardie stadium pas die worsteling van ‘n voltooide manuskrip deurloop het, het ek gereken dat dit waardevol sou wees om die kennis wat ek in die proses opgedoen het met die ander skrywers te deel.

So het ‘n reeks video-praatjies ontstaan wat ek op hierdie webjoernaal weer gebruik. Vir sommiges mag dit bygevolg afgeleefte ontbytvlokkies wees. Die geskrewe vorm van die praatjies is egter vir die eerste keer nou beskikbaar.

Ek het ook in praktyk gevind dat die reeks se individuele lesings te lank was omdat te veel inligting in een sessie verwerk moes word. Die bestaande video-materiaal is dus in kleiner verteerbare lesings onderverdeel.

A tot Z

Watter nut kan jy verwag om uit hierdie skryfreeks te ontvang?

Die meeste amateurskrywers droom om eendag ‘n roman te skryf, maar is onseker hóé om ‘n manuskrip aan te pak. Onder die spitsdak van die solderkamer ontrafel ons die kuns. Die reis begin waar jy bloot ‘n gedagte vir ‘n verhaal het tot by ‘n volwaardige manuskrip.

Indien jy reeds met ‘n manuskrip besig is, sal jy die berge en dale van die proses verstaan.

Jou droom begin met ‘n glinstering. Op ‘n volmaan-aand, terwyl jou lampie soos ‘n kerslig skyn en jy die soveelste storieboek klaarlees, bevlieg ‘n opwindende wete jou dat jy oor die literêre talent beskik om ‘n roman te skryf.

Of dan ten minste ‘n beter poging op die tafel kan plaas as sommige van die lawwe goed waardeur jy al moes worstel.

Moewiese borrelbars

Met kragdadige ywer pak jy die nuutgevonde droom aan. Die borrel van euforie bars binne die eerste paar weke.

Jou wiele val een vir een af totdat mismoedigheid soos ‘n oorgewig jellievis op jou rus.

Jy bepeins die verskynsel in ongeloof. Terwyl jy op jou bed oor ‘n besverkoper gedroom het, was die hele skryfding glashelder. Nou voel dit asof jy probeer om ‘n olifant met ‘n kettie in ‘n ruig bos plat te skiet.

Dikkedensie van skryfskole

Sommige van julle het ‘n meer planmatige benadering gevolg. Jy het eers jou hand aan ‘n paar kortverhale gewaag en toe ‘n indrukwekkende hoeveelheid skryfskole bygewoon wat jou in die klas van ‘n professionele slypskoler geplaas het.

Maar terwyl almal in bewondering na jou staar, wil jy aan niemand verklap dat die trokke vol inligting wat jou ingeprop is, jou heeltemal verswelg het nie. Jy het nie die vaagste benul waar al die tegniese goedjies inpas of moet inpas nie.

Jy is in ‘n tuimeldroër gedruk met die spinknoppie wat vasgehaak het.

Wanneer jou gesin saans dink dat jy besig is om jou pad as die nuwe Deon Meyer van Suid-Afrika oop te skryf, sit jy vreesbevange met pieringoë en gevriesde vingers voor die skerm.

Jy ontdek mettertyd dat jy beslis nie deel van die begaafte een persent skrywers is nie. En ons ken hulle stories. Die verveelde huisvrou of SARS klerk, wat jy as minder talentvol as jyself beskou het, maar wat in ses maande ‘n wonderbare manuskrip voltooi het wat nou deur ‘n groot uitgewerhuis landswyd versprei word.

Hoop wat nie beskaam nie

Maar byt ‘n titsel langer vas. Hierdie webjoernaal se plasings gaan poog om jou op ‘n eenvoudige, sistematiese en organiese wyse deur die talle prosesse te begelei wat vir manuskrip-ontwikkeling nodig is.

Sodoende sal jou kans om suksesvol te publiseer dramaties vermeerder, want jy sal dié dinge reg doen wat vir uitgewers belangrik is en ‘n manuskrip in hulle hande besorg wat dinamies is.

Stap daarom gerus saam met my in die komende maande.

Ontvang nuutste plasings

Etikette: manuskripromanskryftegnieke
DeelTweetPin
Vorige Artikel

In nagedagtenis van die skryfster, Marie Reyneke

Volgende Artikel

Charlie Weir se onverwagse besoek

Volgende Artikel
Lang rye van mense

Charlie Weir se onverwagse besoek

Huwelik

Dekades se saamroei op ons huweliksbootjie

Kommentaar 2

  1. Emsia Goosen says:
    2 jare tevore

    Christo, ek is opgewonde oor jou nuwe webjoernaal en het in die proses sommer geleer wat die Afrikaanse woord vir Blog is. Ek hou van die naam nadat ek gelees het wat dit beteken en alles is baie mooi uiteengesit.
    My webjoernaal het vir my `n reddingstou in Switserland geword waarmee ek in kontak met vriende bly.

    • Vuursout says:
      2 jare tevore

      Dankie vir die aanmoediging. Word opreg waardeer. Alhoewel ek selde kommentaar op jou webjoernaal se plasings lewer, is dit werklik besonders omdat dit ons almal se doodgewone lewe met fyn waarneming, deernis, insig en met sprankel teks tot die betekenis en waarde verhef wat dit verdien. Lesers van hierdie webjoernaal moet gerus gaan loer by https://lettersfromemsia.com

Vuursout

© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees

Inligting

  • Omtrent Myself
  • Voorwaardes
  • Privaatbeleid
  • Kontak

Sosiale Media

Welcome Back!

Teken aan in jou rekening hieronder

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Teken aan

Add New Playlist

Geen Resultaat
Sien alle resultate
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak

© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees