Vuursout
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Vuursout
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Vuursout
Geen Resultaat
Sien alle resultate
Tuis Skryftegnieke

Skryf 5 – Bronne vir idees

SKRYFTEGNIEKE

deur Christo Jordaan
10 Oktober 2024

Idees het dikwels hul oorsprong in die ligste prikkeling van jou sielskamers; daardie gedagte wat vir ‘n vlietende oomblik verskyn en sal verdwyn indien jy dit nie vasgryp nie.

In hierdie praatjie kyk ons na waar stimuli vir idees oral mag wegkruip.

Groot poel van idees

Om twintig, vyftig of selfs honderd idees op papier vas te pen, mag na hopeloos te veel klink. Maar oorweeg die volgende:

a) Heelwat idees gaan nie uitwerk wanneer jy dit tot ‘n manuskrip probeer ontwikkel nie. Jy mag by ontwikkeling daarvan agterkom dat, alhoewel die gedagte aanvanklik belowend geklink het, struikelblokke in die pad daarvan staan waaraan jy nie gedink het nie.

So sal navorsing summier vele idees kelder.

Die aanname byvoorbeeld dat bloed groen word wanneer jy gereeld blaarslaai eet, sal bronne as feitelik onwaar uitwys.

b) Jy mag ontdek dat al jou beste roman-idees reeds in ander topverkopers gebruik is.

c) Terloopse gesprekke in skrywerskringe onthul dat agt van jou eerste tien idees, ook die eerste agt was waaraan ander skrywers gedink het.

Geheim van kombinasies

Voordat jy egter moedeloos tou opgooi, onthou dat alle stories reeds in een of ander vorm vertel is. Die uitdaging lê daarin hoe jy aspekte buitengewoon kan kombineer om die storie oorspronklik te laat klink.

Daarom moet jy diep in jou unieke self delf om die leser ‘n vars invalshoek te gee op ‘n wyse waartoe niemand anders instaat is nie. ‘n Doodgewone gedagte kan in die proses ‘n verrassende kleur kry.

Wil jy eerder na ‘n video van die praatjie kyk?

Bronne

Waar grawe ons vir idees?

Die volgende bronne kan nuttig wees:

  1. Alhoewel jou bestaan in jou eie oë saai mag voorkom, is daar meermale vele skatte daarin verskuil. Des te meer wanneer jy interessante segmente daarvan kombineer om ‘n potjiekos te skep. Wees egter gewaarsku. Om bloot ‘n fiksionele outobiografie te skep, is ‘n slegte idee, want die storielyn is van meets af ingeperk. In die proses gaan noodsaaklike dinamiese momente verlore.

  1. Foto-albums is altyd waardevol, want foto’s vertel hulle eie stories.

  1. Dagboeke bevat dikwels brokkies met menslike intriges wat hoogs bruikbaar is.

  1. Koerante en tydskrifte is ‘n maklike en vrygewige bron. Talle skrywers hou bokse vol uitknipsels van artikels en berigte wat hulle oog vang en blaai daardeur wanneer hulle inspirasie kort. Kyk ook gerus na brief- en hartskolomme, doodsberigte en foto’s.

  1. Wanneer en waarookal jy op reis is, maak ‘n punt daarvan om die interessante dinge rondom jou waar te neem. Hier is ‘n lekker oefening. Op pad werk toe en terug, probeer mense langs die pad se stories uit hulle gedrag en klere aflei en dink stories vir hulle uit.

  1. Restaurante en openbare plekke is ‘n feesmaal. Jy sien nie net interessante mense nie, maar kan ook dikwels hoor waaroor hulle praat. Dit verstom my telkens hoe intieme gedagtes remloos uitgelap word. Jy kan hoor hóé en wáároor uiteenloppende groepe mense gesels.

  1. Vir vars inspirasie moet jy die roetine van die alledaagse breek. Woon ‘n Clivia-blommeskou by terwyl jy eintlik nie ‘n tuinmens is nie. Die moontlikhede is legio. Dit is ‘n veel kragtiger hulpmiddel vir oorspronklike gedagtes as wat op die oog af mag voorkom.

  1. Ons nagtelike drome plaas dikwels vars idees op die tafel omdat ons onderbewussyn nie deur konvensionele grense beperk word nie.

  1. Dagdroom terwyl jy êrens heen reis of moet wag, of selfs wanneer jy vir ontspanning stap. Jy mag waardevolle idees in jou dagdrome vind.

  1. Soms moet jy doelgerig op ‘n doodgewone gedagte broei. Tot jou verbasing mag jy op ‘n dag ontdek dat iets uitbroei wat jy glad nie verwag het nie. So asof jou onderbewussyn in die geheim interessante assosiasies bygesleep het.

  1. Dink sonder beperkings. Indien jy skatryk sou erf en nooit weer hoef te werk nie, wat sou jy met jou lewe doen? Moontlik lê daar ‘n verskuilde storie.

  1. Gebruik assosiasie. Skryf ‘n interessante woord in die middel van ‘n skoon bladsy neer. Verbind die woord met vyf ander woorde waaraan dit jou laat dink. Brei elkeen van hierdie woorde weer met nuwe woorde uit totdat jou bladsy vol is. Wanneer jy uiteindelik na die geheel van die bladsy kyk, lê daar dikwels vars gedagtes.

  1. Lees nie-fiksie boeke en kyk of die feite idees vir ‘n storie losmaak.

  1. Hier is ‘n lekker een. Gaan biblioteek toe met ‘n aantekeningboek en potlood. Loop tussen al die fiksieboeke rond en maak enige boek op enige plek oop en skryf die gedagte neer wat spontaan by jou opkom wanneer jy ‘n sin of paragraaf daarin lees.

  1. Skryf enige opening- of eindsin van ‘n denkbeeldige boek neer sonder dat jy vooraf daaroor nagedink het. Probeer dan uitpluis wat die storie agter die sin is.

  1. Lees klassieke werke/mites/legendes/feeverhale/kinderstories en dink hoe dit as ‘n moderne verhaal sou kon werk.

  1. Verbeel jou jy is ‘n wêreldbekende skrywer by jou eie boekbekendstelling. Maak jou oë toe en probeer sien watter boek jy geskryf het. Luister na die vrae wat die gehoor jou omtrent die boek vra.

  1. Trek twee of meer romans waarvan jy hou op jou boekrak uit en bepeins die storielyne. Probeer die storielyne kombineer en kyk of dit vir jou ‘n vars idee gee.

  1. Maak ‘n lys van 10-20 dinge waarin jy geïnteresseerd is en dwing jouself om ‘n storie uit te dink waarin jy alles gebruik. Ons word veral forseer om oorspronklik te dink wanneer dinge nie binne die normale boksie inpas nie.

  1. Vra drie of meer vriende om elk drie titels uit te dink vir ‘n storieboek wat hulle graag sou wou hê dat jy moet skryf. Sien of enige van die titels jou inspireer.

  1. Sit vyf minute opsy en skryf so vinnig moontlik elke woord neer wat in jou kop opkom sonder om dit te beoordeel. Kyk later na die woorde vir waardevolle idees.

Skep milieu vir idees

‘n Titsel praktiese wysheid.

Die vermoë om vars gedagtes en idees te genereer, hang met die prosesse van inspirasie en kreatiwiteit saam. Maar inhibisies, vrese, moedeloosheid en stres verlam dikwels ons denkprosesse. Daarmee saam kan ons fisiese omgewing ook ‘n blokkasie wees.

Die groot gevaar lê daarin om jouself as ‘n slagoffer te beskou.

Die ingesteldheid van ek sou kon, as dit nie was is ‘n put wat jy vir jouself grawe. Wees eerder dankbaar vir dit waaroor jy wél beskik en fokus op hoe jy die bestaande hulpbronne op die beste manier kan gebruik. In kort, werk rondom jou uitdagings.

Om oor sielshekkies te vlieg, is die kruk van dwelms, oormatige medikasie en drank nooit ‘n goeie idee nie. Dit mag tydelike ontvlugting bied, maar oor die langtermyn lê ‘n kiem van vernietiging reeds daarin opgesluit. Fokus eerder op gesonde denkpatrone, geestelike verkwikking en liggaamlike welsyn.

Vir skepping van idees moet jy ‘n plek vind waar jy kan afsonder. Dit kan vele vorme aanneem. Ek weet van ‘n skrywer wat in ‘n klerekas gaan sit. Dalk is dit jou tuin, ‘n biblioteek of jou eie huis wanneer almal slaap.

Afsondering kan ook afsluiting binne ‘n besige omgewing beteken.

Daarom sal ek dikwels ‘n eenkantplekkie in ‘n koffiewinkel kies. Dáár, weg van my selfoon en onderbrekings, sit ek oorfone met musiek op. Die klank word die ritsluiter waarmee ek die tentflap toetrek om my van die buitewêreld af te sluit.

Laastens

Die lewe bied soveel meer indien ons met verwagting leef.

Wees opgewonde oor die ongelooflike idees wat vir jou lê en wag, en jy sal ontdek dat die heelal al te gewillig sy ryke bronne met jou te deel.

Ontvang nuutste plasings

Etikette: bronneideeskryftegniekestorie
DeelTweetPin
Vorige Artikel

Skryf 4 – Belang van idees in stories

Volgende Artikel

Op sleeptou

Volgende Artikel
Bakkie sleep voertuig

Op sleeptou

Skryf 6 - Loglyne as organiese hulpmiddel

Vuursout

© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees

Inligting

  • Omtrent Myself
  • Voorwaardes
  • Privaatbeleid
  • Kontak

Sosiale Media

Welcome Back!

Teken aan in jou rekening hieronder

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Teken aan

Add New Playlist

Geen Resultaat
Sien alle resultate
  • Tuis
  • Nuutste
  • Gedagtes
    • Waterbak
    • Soutbak
    • Vuurbak
  • Meerkat
    • Stories
  • Vulpenfles
    • Skryftegnieke
    • Boeke
  • Allerlei
    • Omtrent Myself
    • Saamgesels
    • Kontak

© 2024 C Jordaan - Kragkos vir siel en gees